Navarro deur 113de gekeurde in Brisbane uitgeskakel
Die Australiese buiteperd Kimberly Birrell het die tweede gekeurde Emma Navarro Woensdag in die Brisbane Internasionale kampioenskap uigeskakel. Die 26-jarige Birrell is 113de gekeur en kom in die laaste 16 teen die 35ste gekeurde Rus, Anastasia Potapova, te staan. Die verdedigende kampioen, Grigor Dimitrov, is deur na die kwarteindronde nadat hy die Australiër, Aleksandar Vukic, in skoon stelle geklop het. Hy speel nou teen die Amerikaner Alex Michelson. Novak Djokovic en Nick Kyrgios se dubbelspelreis is egter deur die eerste gekeurde Michael Venus van Nieu-Seeland en Nikola Mektic van Kroasië gestuit.