Massas leef steeds op die randjie – Numsa
Die metaalwerkersvakbond Numsa sê massas mense is steeds ekonomies gemarginaliseer, sonder grond en ly onder onteiening in na-apartheid Suid-Afrika. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond se visie vir 2025 is uiters eenvoudig en ideologies duidelik. Sy sê hulle doen ‘n beroep op almal om te glo in die bou van ‘n samelewing om die mensdom te bevorder en verenig: