Jou besigheid kan nie ‘n ‘side hustle’ wees nie
Namate lewenskostes die hoogte inskiet, ervaar ‘n toenemende aantal Namibiërs finansiële druk, wat hulle aanspoor om bykomende inkomstestrome te ondersoek. Ekstra werk of sogenaamde “side hustles” het ‘n reddingsboei geword in die uitdagende ekonomiese tye, aangesien ‘n tradisionele 9-tot-5-werk vir baie mense nie meer genoeg is om stygende lewenskostes te dek nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danny Meyer van SME Compete, wat nie dink dis ‘n goeie idee om ‘n besigheid so te begin nie.