Gaza-bevolking val met 6%

Die bevolking van Gaza het met 6 persent gedaal sedert die oorlog met Israel byna 15 maande gelede begin het. Die Palestynse Sentrale Buro vir Statistiek sê ongeveer 100 000 Palestyne het die gebied verlaat het terwyl meer as 55 000 vermoedelik dood is. Ongeveer 45 500 Palestyne, meer as die helfte van hulle vroue en kinders, is dood sedert die oorlog begin het, maar nog 11 000 word vermis. Die bevolking is dus op 2,1 miljoen met 47 persent wat kinders onder die ouderdom van 18 is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *