Owerhede in Suid-Korea stel ondersoek in na 100 Boeing 737-modelle

Amptenare was na Sondag se rampspoedige vliegongeluk in Suid-Korea genoop om meer as 100 dergelike Boeing-modelle te ondersoek wat op lughawens reg oor die land bedrywig is. Jeju Air se Vlug 2216 was besig om op Muan Internasionale Lughawe te land toe die vliegtuig van die aanloopbaan gejaag en teen ‘n skermmuur gebots het. Die vlug het 179 mense vervoer en slegs twee vlugkelners – ’n man en vrou – het oorleef. Amptenare identifiseer steeds die slagoffers en die oorskot van vier word vandag na hulle onderskeie families vervoer vir hul begrafnisse.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *