Bokke skop 2025 af boaan wêreldranglysJanuary 1, 2025
Die Springbokke skop 2025 af boaan die wêreldranglys af vir die sesde keer sedert dit in 2003 bekendgestel is, en die vyfde keer die afgelope ses jaar. Die Bokke het die eerste keer in 2007 die prestasie behaal nadat hulle die Wêreldbeker in Frankryk gewen het, met die All Blacks wat tweede op die ranglys was. Volgens SARugbyMag was die Suid-Afrikaners se langste termyn as nommer een ‘n volle 98 weke, van 4 November 2019 tot 20 September 2021, en hulle is sedert 2003 altesaam 250 weke heel bo.