Vyf aangekla na dood van Liam Payne
Vyf mense word aangekla na die dood van die Britse sanger Liam Payne in Argentinië. Die voormalige lid van One Direction het hom in Oktober doodgeval van ‘n hotelbalkon in Buenos Aires. ʼn Vriend van die 31-jarige Payne, Roger Nores, die hotelbestuurder en die ontvangsdame word van manslag aangekla, terwyl twee ander werknemers beskuldig word dat hulle kokaïen aan die sanger voorsien het. Nores word daarvan beskuldig dat hy versuim het om sorg, bystand en hulp aan sy vriend te verskaf, wetende dat hy aan verskeie middels verslaaf was.