FlySafair: Vlugkelnerin lê ook kriminele klag

Die DA in die Wes-Kaap het ‘n klag van crimen injuria teen ʼn handelsmerkbestuurder van die SABC, Nobuntu Mkhize, aanhangig gemaak nadat sy na bewering rassistiese uitlatings teen die bruin gemeenskap gemaak het terwyl sy op ‘n FlySafair-vlug was. Die Wes-Kaapse leier van die DA, Tertuis Simmers, is saam met die vlugkelner na die polisiekantoor in Bishop Lavis. Volgens Simmers het die polisie ʼn saak van aanranding geopen nadat hulle na haar weergawe geluister het. Hy sê die party staan ​​bankvas agter die vlugkelner en elke ander persoon wat deur rassisme geraak word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *