Ses selfmoorde oor Kersfees, twee daagliks vanjaar
Tussen 24 en 29 Desember is ses selfmoorde aangemeld in die land. Selfmoord is ‘n voortslepende probleem in Namibië en het epidemiese proporsies bereik. Teen Oktober vanjaar het die gesondheidsministerie 679 selfmoordgevalle aangemeld vir die jaar – net meer as twee gevalle daagliks. Van die was 559 mans en 91 vroue. Onder die 29 kinders wat selfmoord gepleeg het, was 18 seuns. Die bekende maatskaplike aktivis Zack Itodo sê geliefdes moet na vore tree.