Jimmy Carter sterf op ouderdom van 100
Die voormalige Amerikaanse president, Jimmy Carter is dood. Carter was die 39ste president vir een termyn en die enigste voormalige Amerikaanse president wat die ouderdom van 100 bereik het. President, Joe Biden, beskryf Carter as ‘n man van beginsel, geloof en nederigheid en die verkose president, Donald Trump sê Amerikaners moet dankbaar wees vir Carter. Carter was ‘n grondboontjieboer en ‘n luitenant in die Amerikaanse vloot voor hy die politiek betree het. Hy was vir een termyn die goewerneur van Georgia en vanaf 1977 tot 1981, die president van die Verenigde State.