Djokovic sê daar’s dubbele standaarde met verbode middels
Die 24-malige Grand Slam-kampioen Novak Djokovic wil meer deursigtigheid hê oor verbode middelskorsings, en beweer daar is dubbele standaarde. Die Serwiër stem saam met die Australiër Nick Kyrgios wat vroeër gesê het integriteit in die sport is aaklig. Twee spelers wat hoog op die ranglys is, Jannik Sinner van Italië en Iga Swiatek van Pole, is vanjaar baie ligte straf opgelê vir oortredings, terwyl Simona Halep van Roemenië vroeër nege maande lank geskors is. Djokovic sê die spelers is reg deur die proses in die duister gehou.