Borg-uitspraak vandag verwag in Brockerhoff saak
Uitspraak in die borgaansoek van die vermeende reeksstroper Derick Brockerhoff word vandag in die Windhoek landdroshof deurr landdros Victoria Absalom verwag. Sy mede-verdagte, Markus Rooinasie, het reeds borg van 3 000 Namibiese dollar gekry. Brockerhoff het vroeg in Desember getuig dat Rooinasie hom in April gebel het om met iets te kom help, en dat Rooinasie die koedoe en gemsbok waarmee hulle net buite Windhoek betrap is, geskiet het. Kosmos 94.1 Nuus is in besit van meer as 20 sake teen hom regoor die land in verband met stropery en dwelms. Brockerhoff word deur prokureur Boris Isaaks verdedig.