Vlugramp in Suid-Korea dood 85, sover
Minstens 85 mense is tot dusver dood toe ‘n passasiersvliegtuig by ‘n lughawe in die suidweste van Suid-Korea vanoggend neergestort het. CNN berig dat ‘n vlug van Jeju Air, met 175 passasiers en ses bemanningslede vanaf Bangkok tydens landing ‘n wanfunksie van die landingstuig ervaar het en op sy romp op die aanloopbaan geland het. Beeldmateriaal wys hoe die vliegtuig teen hoë spoed ‘n erdewal aan die einde van die aanloopbaan tref voordat dit in vlamme uitgebars het.