Stormers skuif vyf plekke op na oorwinning teen Haaie

Die Stormers het van 13de tot agste plek op die Verenigde Rugbykampioenskap-punteleer opgeskuif nadat hulle die Haaie 24-20 verslaan het in ‘n opwindende kragmeting op ‘n volgepakte Kaapstad-stadion. Die twee spanne het beurte gemaak om voor te loop en die besoekers kon gedink het hulle gaan wen toe hulle kort voor die einde 20-17 voor was. Die Springboklosskakel Manie Libbok het egter op die nippertjie ‘n briljante drie vir die gashere gedruk wat hy self verdoel het, en die Stormers het vasgebyt om die oorwinning te verseël.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *