Putin sê jammer oor Azerbeidjan-vlugramp
Die Russiese president Vladimir Putin het sy ampsgenoot van Azerbeidjan, Ilham Aliyev, om verskoning gevra vir die afskiet van die land se kommersiële vliegtuig in die Russiese lugruim, maar het nie erken dat Rusland skuldig is nie. Agt-en-dertig mense is dood terwyl 29 oorleef het toe die vliegtuig op Kersdag neergestort het. Die meeste van die passasiers was van Azerbeidjan, en die ander van Rusland, Kazakstan en Kirgistan. Die BBC berig Putin het telefonies met Aliyev gepraat, maar nie direk erken dat die vliegtuig getref is deur Russiese missiele nie.