Gaan China ‘n militêre basis plaaslik oprig?

Die jongste verslag van die Amerikaanse Pentagon dui aan dat die Chinese weermag dit oorweeg om ‘n militêre basis in Namibië te vestig. Die twee lande werk jare reeds saam in verdediging en op 16 Desember het Namibië die eerste buitelandse kliënt van China se Y-9E mediumvragvliegtuig geword met twee wat in Grootfontein afgelewer is. Die twee lande se vennootskap sluit gebiede soos opleiding, kapasiteitsbou, toerustingverskaffing en hoëvlak-uitruilings in. In Augustus 2024 het die Chinese verdedigingsattaché kolonel Li Shujun die People’s Liberation Army se rol in die ondersteuning van die Namibiese Weermag se moderniseringspogings herbevestig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *