TotalEnergies sê boortuig aflandig Namibië moet langer aanbly
Die Franse energiereus TotalEnergies het sy kontrak met die boorkontrakteur Northern Ocean se Deepsea Mira-boortuig met sowat 65 tot 93 dae verleng. Verlede jaar het die tuig aflandig die Namibiese suidkus gewerk om die Venus ligte olie-ontdekking te beoordeel. TotalEnergies het op 20 Oktober vanjaar eksplorasieboorwerk met die Deepsea Mira hervat op Blok 2913B in die produktiewe Oranjekom, met die Tamboti-1X eksplorasieput. Die put teiken ‘n olie-hulpbron van ‘n miljard vate, en lê noord van die Venus-akkumulasie en naby die Mangetti-1X-ontdekking.