Pizza-afleweringsvrou steek glo swanger vrou 14 keer oor fooitjie

‘n Twintigjarige Amerikaanse pizza-afleweringsvrou is aangekla van poging tot moord nadat sy na bewering ‘n swanger vrou met ‘n skerp voorwerp gesteek het oor ‘n footjie gelykstaande aan 40 Namibiese dollar. Brianna Alvelo het die pizza afgelewer by ‘n hotel in Kissimmee, Florida, en was blykbaar ongelukkig oor die klein fooitjie. Sy en ‘n man het na bewering teruggekeer en die ander vrou 14 steekwonde toegedien. Die gewapende man is nog nie uitgeken nie. Alvelo word ook aangekla van betreding met ‘n vuurwapen, ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *