Bosch skitter in toetsdebuut teen Pakistan

Krieket: Pakistan hervat vandag sy tweede beurt op 88 vir drie nadat die nuweling Corbin Bosch sy goeie spelpeil vir Suid-Afrika voortgesit het op die tweede dag van die eerste toets in Centurion. Die 30-jarige seun van die voormalige Suid-Afrikaanse sterspeler Tertius Bosch het ‘n onoorwonne 81 aangeteken en ‘n vennootskap van 41-lopies om die negende paaltjie met Kagiso Rabada gedeel. Dit het gevolg nadat hy in Pakistan se eerste beurt vier paaltjies platgetrek het. Aiden Markram het vroeër sy onlangse gesukkel afgeskud en ‘n briljante 89 bygedra.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *