SAOG-leiers vererger Mosambiek-situasie: politieke ontleder

Die leierskap van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het olie op die vuur in Mosambiek gegooi deur die verkose president Daniel Chapo met gelukwensingsboodskappe te oorlaai. Dit is volgens die plaaslike politieke ontleder Ndumba Kamwanyah, wat sê die organisasie se leierskap is nie in beheer van die situasie nie. President Nangolo Mbumba was van die eerstes om Chapo geluk te wens, en Zimbabwe se president Emmerson Ngagwa het na bewering Chapo gelukgewens voordat uitslae bekend gemaak is. Kamwanyah sê die SAOG moet hergroepeer en vra vir dialoog om ‘n vreedsame oplossing te vind. Ook in Suid-Afrika vra verskeie organisasies en partye dat die organisasie moet ingryp. Die Activists and Citizens Forum se Dennis Bloem is aan die woord.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *