Sewende parlement se laaste sitting skop afFebruary 5, 2025

Die sewende parlement se laaste sitting voordat die nuwe administrasie ingesweer word het afgeskop. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Peter Katjavivi, het ‘n openingstoespraak gehou om die parlementariërs by die nuwe jaar se werksaamhede te verwelkom. Hy het kennis gegee dat president Nangolo Mbumba in Maart in die Nasionale Vergadering sal wees om die 7de parlement amptelik af te sluit. Daar lê harde werk voor in die sitting weens ‘n rits wetsontwerpe en mosies wat afgehandel moet word, na daar op verskeie geleenthede verlede jaar nie kworums was nie.