Man City, Everton gelykop na Haaland strafskop mis

Sokker: ‘n Mislukte strafskop deur Erling Haaland in die tweede helfte het Manchester City se ellende net groter gemaak en gelei tot ‘n gelykop telling van een-elk teen Everton op die Etihad-stadion. City was vroeg voor danksy ‘n doel deur Bernardo Silva, maar Iliman Ndiaye het 22 minute later vir Everton die telling gelyk gemaak. Hoewel City die laaste vier Premierliga-titels gewen het, kon hulle tot dusver net een keer wen in 13 wedstryde wen. City-bestuurder, Pep Guardiola, het voor die wedstryd reeds toegegee sy span loop gevaar om vir die eerste keer in 15-jaar nie vir die Kampioeneliga te kwalifiseer nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *