Politici moet in 2025 effe terugstaan: Aartsbiskop Makgoba
Aartsbiskop Thabo Makgoba sê 2025 kan ‘n jaar van transformasie in Suid-Afrka word as politici op die agtergrond bly en gemarginaliseerde stemme, soos werkloses, toelaat om vir hulleself te praat. Die aartsbiskop het by middernagmis in die St Georgeskatedraal in Kaapstad gesê die dringendste kwessie vir nasionale dialoog is om die krisis aan te spreek waarmee jong Suid-Afrikaners te doen het. Makgoba sê die Ramaphosa-administrasie het op talle maniere nie aan verwagtinge voldoen nie. Hy voeg by die regering van nasionale eenheid sal dieselfde pad stap as politici aanhou om in die verlede te leef.