Verklaar verkiesings ongeldig, beveel nuwe presidensiële verkiesing: IPC aan howe

Die IPC het kennisgewings van mosie ingedien by die Verkiesingshof en die Hooggeregshof om die Nasionale Vergadering- en presidensiële verkiesings onwettig en ongeldig te laat verklaar. Die party sê hy sal op 15 Januarie aansoeke hieroor bring in beide die howe. Die party sê in sy hofstukke proklamasie nr. 34 van 2024 waarvolgens die verkiesings met twee dae verleng is, was in stryd met die Grondwet en die Verkiesingswet. Die stemme wat op 29 en 30 November uitgebring is, is ook in stryd met die wette. Die IPC vra verder dat die Hooggeregshof beveel dat ‘n nuwe presidensiële verkiesing gehou word, in ooreenstemming met die Grondwet en Verkiesingswet.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *