Nie net spazas, groter winkels ook ondersoek
Gauteng se LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, sê owerhede sal toeslaan op groter winkels en vervaardigers. Hy het tydens ‘n inspeksie van voedselveiligheid in Soweto dit duidelik gemaak nie net spazawinkels word geïnspekteer nie. Hy het tydens die blitsbesoek daarop gewys owerhede moet ook na verskaffers omsien. Volgens Maile sal amptenare ʼn opvolgbesoek aan Soweto bring om te verseker daar is deurlopende voldoening en veiligheidheidstandaarde word gehandhaaf.