Joodse sekte misbruik glo 160 kinders, almal gered
Die owerhede in Guatemala het ‘n Joodse sekte verhoed om 160 kinders wat gered is weer terug te kry. Die kinders is na bewering misbruik deur ‘n lid van die sekte. Hulle is Vrydag weggeneem toe die polisie toegeslaan het op die plaas van die Lev Tahor-beweging. Dit is bekend vir uiterste praktyke en ‘n streng regime wat op sy volgelinge afgedwing word. Die sekte is ten gunste van kinderhuwelike, deel swaar strawwe uit en vereis van vroue en kleutermeisies van so jonk as drie om hulle van kop tot toon te bedek.