Malaria looi Ohangwena-streek, meer as 600 gevalle aangemeld

Die gesondheidministerie monitor ‘n skerp toename in malaria-gevalle in die Ohangwena-streek, waar meer as 600 gevalle vanaf die begin van Desember aangeteken is. Die uitvoerende direkteur van gesondheid, Ben Nangombe, sê die toename is sedert Augustus aangeteken. Teen verlede week het Ohangwena se drie gesondheidsdistrikte, naamlik Eenhana, Okongo en Engela, ‘n verstommende aantal mense aangemeld wat in die hospitaal opgeneem is weens malaria. Data wys dat die meeste aangemelde gevalle van Angola afkomstig is. Die ander noordelike streke word ook geaffekteer en reisigers moet voorsorg tref om te voorkom dat hulle malaria kry.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *