Charlie Woods slaan eerste kolhou by PNC-kampioenskap
Tiger Woods se tienerseun Charlie het sy eerste kolhou tydens die laaste ronde van die PNC-kampioenskap in Orlando, Florida geslaan. Hulle is egter in ‘n uitspeelstryd deur Bernhard Langer en sy seun Jason geklop. Die 15-jarige Charlie Woods het by die vierde putjie die gelukskoot gespeel om die pa-en-seun-span voor te laat loop. Span Langer het ‘n tweede opeenvolgende trofee gewen toe Bernhard op die eerste uitspeelputjie arend gemaak het om die oorwinning te beklink.