Weerlig slaan 2 dood in Kavango-Wes, seun verdrink

‘n Twintigjarige man en 14-jarige seun is in Gcwagi-dorpie in Kavango-Wes se Musese-kiesafdeling dood na hulle deur weerlig getref is. Hulle was deel van ‘n groep van vyf jeugdiges wat in ligte reën na ‘n gemeenskaplike kraan gestap het om water te kry. ‘n Weerligstraal het die groep getref en drie ander jeugdiges is ook beseer. Hulle is na die Bunya-gesondheidsentrum gehaas en hulle toestand is stabiel. In dieselfde streek het die 9-jarige Andreas Likuwa Kanyetu in die Kavangorivier verdrink terwyl hy met ‘n groep maats geswem het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *