Trump kap Panama-kanaal se ‘onregverdige’ tariewe

Die inkomende Amerikaanse president, Donald Trump het uitgevaar teen wat hy onregverdige tariewe noem vir Amerikaanse skepe wat die Panama-kanaal gebruik. Hy dreig om te eis dat Washington weer beheer oor die waterweg neem. Hy het ook geskimp oor China se toenemende invloed rondom die kanaal. Amerikaanse besighede maak staat op die kanaal om goedere tussen die Atlantiese en Stille Oseane te vervoer. Die kanaal, wat in 1914 deur Amerika voltooi is, is volgens ‘n ooreenkoms van 1977 teruggegee aan die land in Sentraal Amerika. Panama het in 1999 volle beheer oorgeneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *