Pous kryt ‘wreedheid’ uit na aanval wat 7 kinders uit een familie dood
Pous Franciskus het ‘n bomaanval op kinders in Gaza as “wreedheid” veroordeel, ‘n dag na die gebied se reddingsagentskap berig het ‘n lugaanval het sewe kinders uit een familie gedood. Die agentskap sê ‘n Israelse lugaanval het altesaam tien lede van die familie uitgewis. Die geweld in die Gazastrook duur voort meer as 14 maande na die begin van die oorlog tussen Israel en Hamas, selfs terwyl internasionale bemiddellaars werk aan die onderhandeling van ‘n skietstilstand.