Aardbewing skud Loeriesfontein, Paarl bewe ook
‘n Aardbewing van 5,3 het Loeriesfontein in Suid-Afrika se Noord-Kaapprovinsie vanoggend getref, sowat 118-kilometer noord van Calvinia. Volgens die Euro-Mediterreense Seismologiese Sentrum was die skudding se episentrum op ‘n vlak diepte van tien kilometer, wat die uitwerking daarvan moontlik kon vererger het. Geen beserings of strukturele skade is aangemeld nie. Inwoners van die Boland het ook na wat berig word ‘n trilling gevoel en ‘n seismiese insident is by Paarl aangemeld, maar moet nog seismologies bevestig word.