Vis met vormlose kop, semi-akwatiese muis in Peru ontdek
‘n Vis met ‘n vormlose kop en ‘n semi-akwatiese muis is onder die 27 nuwe spesies wat in ‘n afgeleë streek van die Amasone-reënwoud in Peru ontdek is. Wetenskaplikes het ook ‘n nuwe spesie dwerg-eekhoring, salamander en kortstert-vrugtevlermuis teëgekom tydens hul ekspedisie na die afgeleë woud van Alto Mayo. Die beskermde gebied in die noorde van Peru huisves verskeie ekosisteme, inheemse gebiede en dorpies. Onder die ontdekkings was ’n nuwe spesie stekelmuis, agt nuwe visse, tien soorte skoenlappers en twee nuwe miskruiers.