SA verwag swaar reën oor oostelike dele
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen swaar reënval volgende week oor die oostelike dele van die land. ’n Geel vlak twee waarskuwing vir hewige donderstorms is uitgereik vir KwaZulu-Natal, Gauteng, Mpumalanga en Limpopo. Die storms kan met hael, skadelike wind, weerlig en swaar reënbuie gepaardgaan, met die moontlikheid van oorstromings en skade aan infrastruktuur, voertuie en lewende hawe. Voorspeller Lehlohonolo Thobela het inwoners versoek om bedag te bly aangesien reënval na verwagting oor die naweek sal toeneem.