Proteas, Pakistan in Pienkdag op Wanderers

Krieket: Môre se derde en laaste eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Pakistan op die Wanderers in Johannesburg is nog ‘n Pienkdag-geleentheid waarvan die opbrengs gaan vir borskanker-bewustheid. Byna 10-miljoen Suid-Afrikaanse rand is ingesamel sedert die byeenkoms in 2013 begin het, waarvan die meeste gegaan het aan die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg se borsversorgingseenheid. Pakistan het reeds die reeks beklink deur die eerste twee kragmetings in die Paarl en Kaapstad te wen. Die eerste van twee toetse tussen die lande begin Donderdag in Centurion.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *