Musk loop deur oor steun vir verregse Duitse party
‘n Boodskap deur Elon Musk op sy platform X dat slegs die verregse Alternatief vir Duitsland die land kan red, het gelei tot beskuldigings dat hy by die komende verkiesing probeer inmeng. Die tegnologie-miljardêr het die boodskap geplaas na aanleiding van videokommentaar waarin die leier van die Duitse CDU-party Friedrich Merz, gekritiseer word oor sy weiering om met die AfD saam te werk. Merz kan moontlik die land se volgende kanselier word. Die AfD vaar goed in meningsopnames en is tans tweede, maar hoofstroompartye sluit die moontlikheid van samewerking met die party uit.