Kom, reën, of mielies moet weer ingevoer word

Handelsyfers vir die laaste kwartaal van 2024 toon ‘n beduidende styging in Namibië se graan-invoere, wat 718 miljoen Namibiese dollar beloop het, vergeleke met 415,5 miljoen dollar in dieselfde kwartaal van 2023. Volgens die jongste Landbou Statistiese Bulletin van die Namibië Statistieke Agentskap was mielies die mees ingevoerde graan, ter waarde van 413,4 miljoen dollar, gevolg deur koring teen 269,4 miljoen dollar, en rys teen 6,7 miljoen dollar. Die hoë invoerrekening word toegeskryf aan lae binnelandse produksie te midde van die voortslepende droogte. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, ‘n tegniese adviseur by Agribank wat in gewasse spesialiseer, wat sê as dit nie gou reën nie, sal dieselfde volgende jaar gebeur.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *