Franse renjaer Hadjar kry laaste plek op Formule Een-rooster
Motorsport: Die Fransman Isack Hadjar gaan die 20ste en laaste beskikbare plek inneem op volgende jaar se Formule Een-rooster. Hy is van Formule Twee bevorder na Red Bull se tweede span, Racing Bulls, as plaasvervanger vir die Nieu-Seelander Liam Lawson wat in 2025 saam met die wêreldkampioen, Max Verstappen van Nederland, vir Red Bull gaan jaag. Die 20-jarige Hadjar word die 19de renjaer om na F1 bevorder te word sedert die span se junior program in 2001 begin het. Sy spanmaat by Racing Bulls is die Japanees Yuki Tsunoda.