Business for South Africa juig oor privaatsektor in spoornetwerk
Business for South Africa sê die vrystelling van die Netwerkverklaring is ‘n sleutelstap om die spoorsektor te hervorm. Dit sal deelname van die privaat sektor in die spoornetwerk ontsluit. Volgens die organisasie weerspieël die dokument die omvattende werk van talle belanghebbendes, insluitend Transnet en die vervoerdepartement, en dit is van deurslaggewende belang vir die instelling van die land se langverwagte spoorbeleid. Woordvoerder Ian Bird sê die organisasie ondersteun steeds hierdie hervormings wat veronderstel is om doeltreffendheid en mededingendheid te bevorder asook werksgeleenthede te skep binne die aanbodketting.