Aus-swem se ‘Rassie’ heraangestel
Swem: Die man wat ʼn sleutelrol vervul het in die skouspelagtige opkoms van die Australiese nasionale span, Rohan Taylor, is as hoofafrigter heraangestel tot die volgende Olimpiese Spele in Los Angeles. Hy het die swemmers gelei tot 21 medaljes op die Spele in Tokio in 2021, waaronder nege goues, en vanjaar in Parys sewe goues uit ‘n totaal van 19. Taylor sal die atlete voorberei vir volgende jaar se wêreldkampioenskap in Singapoer en die Statebondspele in Glasgow, Skotland, in 2026 voor die Spele in Los Angeles twee jaar later.