Tennis dubbels kry taktiese onderbrekings
Tennis: Die United Cup-spankompetisie in Australië sal die eerste toernooi wees waar taktiese onderbrekings in gemengde dubbelspelwedstryde ingestel word. ‘n Speler of kaptein mag een keer in ‘n wedstryd ‘n onderbreking van ‘n minuut vra om taktiek te bespreek deur ‘n rooi knoppie te druk. Die reël kan net gebruik word terwyl die spesifieke speler afslaan. Agtien gemengde spanne sal van volgende Vrydag in die toernooi in Perth en Sydney speel as voorspel tot die Australiese Ope wat op 12 Januarie in Melbourne begin.