Spesiale Reserwemag ontplooi in Swakop vir feestyd
Die Swakopmund-munisipaliteit het die Spesiale Reserwemag verwelkom as deel van ‘n gesamentlike inisiatief met die Namibiese Polisie. Die jaarlikse ontplooiing het ten doel om sekuriteit te versterk en openbare veiligheid gedurende die feestyd te verseker. NamPol inspekteur-generaal Joseph Shikongo sê patrollies, stop-en-deursoek aktiwiteite en kroeginspeksies sal deel vorm van die veiligheidstrategie. Hy het ook die publiek versoek om nie reisplanne of persoonlike inligting te veel op sosiale media te deel nie, want dit kan misdadigers lok. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Linda Mupupa, die Swakopmund-munisipaliteit se woordvoerder, wat meer deel.