SA Rugby kondig benoemings aan vir toekennings
Rugby: Wêreldrugby se Mans Vyftiens Speler van die Jaar, die Springbok-flank Pieter-Steph du Toit, is saam met sy nasionale spanmaats Damian de Allende, Eben Etzebeth, Cheslin Kolbe en Os Nché die benoemdes vir SA Rugby se Mansspeler van die Jaar vir die afgelope seisoen. Sacha Feinberg-Mngomezulu, Cameron Hanekom, Jordan Hendrikse, Quan Horn en Henco van Wyk is as Jong Speler van die Jaar benoem. Die hoofafrigter van die Bokke, Rassie Erasmus, sewes-afrigter Philip Snyman, en Jake White van die Bulle ding mee as Afrigter van die Jaar.