Radio is onmiddellik, oral en gratis, daarom bly dit gewild
Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, sê in sy 2023 Inligting- en Kommunikasietegnologie-verslag dat radio steeds meer gereeld as televisie gebruik word. Volgens sy verslag maak 45 persent van die bevolking staat op radio as hul primêre bron van inligting, vergeleke met 36 persent wat op televisie staatmaak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die radio-uitsaaiveteraan en die stigter van Kosmos 94.1, Kolie van Coller, wat verduidelik hoekom radio die toets van die tyd deurstaan.