Ouers moet eerder die wiel vat
Aangesien jongmense meer geneig is om ongelukke te veroorsaak as volwassenes, het Kavango-Oos goewerneur Bonifatius Wakudumo ouers gewaarsku om nie hul jong kinders oor die vakansieseisoen te laat bestuur nie. Wakudumo het by Masivi gepraat tydens die bekendstelling van die streek se padveiligheidsfeesseisoenprogram. Wakudumo sê almal het ‘n rol te speel om die paaie te beveilig.