Nedbank vlugbaltoernooi vir eerste keer op Swakopmund

Die jaarlikse Nedbank vlugbaltoernooi vind môre vir die eerste keer by die Mole in Swakopmund plaas. Tradisioneel is dit in die noordelike dele aangebied, maar daar is besluit om dit na die kus te verskuif omdat meeste mense daar vakansie hou. Tussen 12 en 24 spanne sal aan die ses-aan-‘n-kant toernooi deelneem, terwyl daar in agt-aan-‘n-kant spanne minstens twee vrouespelers te alle tye op die baan moet wees. Inskrywingsfooie is 800 Namibiese dollar per span en daar is slegs 24 plekke vir die toernooi gereserveer. Pryse van tot 12 000 dollar is op die spel. Die toernooi is ’n sosiale geleentheid, meestal vir gemiddelde vlugbalspelers en maatskappye wat die einde van die jaar op ’n hoogtepunt wil afsluit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *