NamPol in Omusati beklemtoon veiligheidsaspekte

Die Omusati-streek ervaar hoë koerse van diefstal en ander misdade, wat ‘n groeiende bron van kommer vir inwoners en owerhede geword het. In die lig hiervan het Kosmos 94.1 Nuus gesels met NamPol Omusati-inspekteur Anna Kunga, wat beklemtoon dat dorpe reeds besig is om vol te raak en hulle verwag ‘n toestroming van selfs meer mense soos die jaareinde nader kom. Dit dra dikwels by tot ‘n toename in kriminele aktiwiteite. Sy versoek die gemeenskap om waaksaam te bly en ekstra voorsorgmaatreëls te tref om hulself en hul eiendom te beskerm.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *