Mbumba verdien N$1,9m in S&T in11 maande
Die hoeveelheid amptelike besoeke, bywoning van berade en vergaderings sedert president Nangolo Mbumba op 4 Februarie vanjaar ingesweer is, het wenkbroue gelig. Nou berig die Engelse dagblad, The Namibian, dat in 11 maande het Mbumba na 14 lande gereis en S&T van 1,9 miljoen Namibiese dollar verdien. In September was Mbumba net tien dae in die land. Hierdie reise laat vrae ontstaan oor presies wat die waarde vir die land is. Mbumba het blykbaar vir sy vir sy amptenare gesê hy wil nie bekend staan as ‘n “frequent flyer” president nie.