Langtermyn lugbesoedeling lei na hospitaalopnamesDecember 20, 2024

‘n Studie waarvan die bevindings in die vaktydskrif BMJ Open gepubliseer is, wys op ‘n verband tussen langtermyn blootstelling aan lugbesoedeling en meer opnames in hospitale vir fisiese sowel as gedragskwessies. Die studie het data ontleed van 202-duisend-237 mense in Skotland. Dit toon dat hoër blootstelling aan besoedelaars soos stikstofdioksied verbind word met hoër vlakke van hospitaal-opnames vir kardiovaskulêre, asemhalings- en geestesgesondheids-probleme. Die skrywers glo strenger omgewingsregulasies en ‘n verskuiwing na hernubare energie kan in die toekoms die las van hospitaalsorg verlig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *