Koning Charles se kankerbehandeling duur voort
Koning Charles se kankerbehandeling sal in die nuwe jaar voortgaan. Sky News sê bronne in die paleis berig die behandeling verloop goed en die siklus sal volgende jaar voortduur. Volgens die bron sal die koning volhou met sy besige skedule van openbare afsprake, ook gedurende die feestyd. Buckingham-paleis het in Februarie aangekondig hy is met kanker gediagnoseer. Die monarg het self besluit om sy diagnose bekend te maak en sy ervaring te deel met die hoop dat dit ander kan help.